Salemstraat

ebook

By Erla-Mari Diedericks

cover image of Salemstraat

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Salemstraat is 'n straat soos enige ander in die voorstede. Behalwe dat dit in 'n geslote sirkel rondom 'n speelparkie vorm. Salemstraat se mense roem hulself daarop dat hulle mekaar ken en omgee vir mekaar ("ons is close hier in die close"), maar agter geslote deure het elkeen sy geheimpie. Wanneer Emilee se man MJ tydens sy veertigste verjaardagpartytjie wegraak, begin die straat gons. Almal het 'n ander storie, 'n nuwe staaltjie, ʼn geheim of twee wat skielik uitkom. Almal wil weet: Is Emilee verantwoordelik? Huishoudings is verdeeld oor Emilee. Stefanus, oud-weermagman, glo byvoorbeeld vas Emilee is ʼn regte "kortgat korporaal", terwyl sy vrou weer sê dat MJ ʼn "vreemde man" is. Annique is die meeste vroue in die straat se skoonheidsdeskundige; oor mani's en pedi's hoor sy meer as wat mens dink. Alexandra, die Russiese gypsy, het ʼn skelm verhouding met MJ gehad – en sy het hom juis gewaarsku dat dit slegte karma is om jou veertigste te vier; jy nooi die dood in jou huis. Devon spandeer meer tyd in die gewelddadige alternatiewe wêreld van rekenaarspeletjies as die werklikheid om hom. En Riaan, 'n misdaadjoernalis, wat pas ingetrek het in Salemstraat, het juis gehoop hy kan wegkom van misdaad. Satan het nog altyd in die suburbs geskuil. Almal steek hier hul geraamtes in duur, ingeboude hangkaste weg. En dit neem nie veel om dit te laat uittuimel nie.
Salemstraat