Ystervuis Uit Die See
ebook ∣ Hoogs Geheime Seewaartse Recce-Operasies (1978-1988)
By Arne Soderlund
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkennings regiment tientalle klandestiene seewaartse operasies op vaartuie van die Suid-Afrikaanse Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzaniƫ het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, selfs binne die Suid-Afrikaanse Weermag.
Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waarin 'n operateur gesterf en ander beseer is in 'n aanval op 'n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.
Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassiffiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.
DiƩ omvattende boek is 'n moet vir enigeen met 'n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.