Agter die Magalies, Deel 1

ebook Oorsig

By B.K. de Beer

cover image of Agter die Magalies, Deel 1

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Hierdie werk dra ek met graagte op aan die stoere pioniers van die Krokodilriviervallei, wat met soveel moeite en opoffering hul deel bygedra het om hierdie omgewing vir hulle nageslag woonbaar na te laat. Ons wat vandag hier woon en werk, kan hulle kwalik beloon met dank vir hul dade. Elke geslag dra sy deel by tot ontwikkeling, maar die pioniersperiode is by verre seker die mins gesogte van almal.
Dit was vir my 'n groot maar aangename taak om die gegewens wat ek oor 'n tydperk van meer as dertig jaar versamel het, te kontroleer, dit in volgorde te kry en op skrif te stel. Alles wat mens uitpluis en navors kan egter nie te boek gestel word nie. Sommige dinge gee aanstoot aan die indiwidu, die familie of die volk. Sommige aspekte is wel aangeroer op aandrang van baie van die ouer garde wat dit duidelik gestel het dat dit hulle verlange is dat hierdie sake in die volksmond moet bly voortlewe.
Sommige mense het met graagte alle feite en besonderhede aan my verstrek, sommige het selfs moeite gedoen om my te help. Ander was weer passief en nog ander was selfs aggressief. Gou kon mens egter vasstel dat êrens in die verlede van laasgenoemde persone, dade geskuil het wat nie tot eer van die nageslag was nie. Sommige het selfs by my gepleit dat ek liewer sekere dade van hul voorgeslag moet verswyg.
Baie mense het ook geweier om geskiedkundige foto's, geskrifte en ander artikels vir publikasie vry te stel. Hierdie mense het ongelukkig gereeld sulke waardevolle stukke op onwettige of oneerlike wyse bekom en was bang dat dit bekend word waar die artikel homself bevind. Daar is seker niks meer frustrerend vir die navorser as om na 'n lang soektog 'n sekere belangrike artikel op te spoor en dan tot ontsteltenis te moet verneem dat jy dit mag sien op voorwaarde dat dit streng geheim gehou moet word. Ten minste een persoon is aan my bekend wat kosbare geskrifte verbrand het nadat dit bekend geword het dat dit in sy besit was.
As al die name van ou mense wat ek ondervra het, gemeld moet word sou dit bladsye beslaan en kan mens per toeval iemand verontreg deur nie sy of haar naam te meld nie. Sommige ou mense kon mens vir ure lank van die verlede vertel uit eie ervaring of deur oorlewering. Die feite aan my verstrek was altyd oor en oor gekontroleer met wat ander persone daaroor sê. Dikwels was daar effense afwykings, veral van datums. Dit is dood menslik. Deur herhaalde oorvertellings met die jare, was daar ook afwykings wat egter maklik reggestel kon word as dit vergelyk word met identiese vertellings van ander tydgenote.
Die menings in hierdie werk is nie my eie nie, maar die konklusie waartoe ek gekom het, gesien uit die oë van my adviseurs. Soveel mense wat ek ondervra het, lewe vandag nie meer nie en ek is bly dat ek verryk is deur hulle vertellings uit die verlede.
Baie van die feite in hierdie werk mag bots met bestaande werke. Hieroor wil ek my nie uitlaat nie. Dit is die taak van gesaghebbendes. Dit wil ek egter graag stateer: Dat die feite hierin vervat, oor en oor gekontroleer is en dat ek my vergewis het van die objektiewe eerlikheid daarvan.
Die stamregisters van die ou families was eweneens 'n groot taak om te bekom. Baie van die feite is reeds onherroeplik verlore. As ek maar net daarin kon slaag om sommige sake vir die nageslag te boekstaaf, sou ek voel dat ek al 'n deel van my plig gedoen het.
DIE SKRYWER

Agter die Magalies, Deel 1