Hoerkind

ebook Die memoires van 'n randeier

By Herman Lategan

cover image of Hoerkind

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Die joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds ʼn hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is ʼn skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir ʼn jaar kinderhuis toe.

Om soos ʼn weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ʼn pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg.

Hy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word hy gyselaar gehou en met ʼn mes gesteek. Hy verloor byna sy been ná ʼn motorongeluk tydens ʼn besoek aan die oudrugbyspeler Mannetjies Roux se plaas.

Later vind hy 'n veilige hawe wanneer sy pad met dié van Graham Sonnenberg kruis. Hy maak opgang as joernalis wat na die verste uithoeke van die wêreld reis. Hoerkind is 'n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning.

Hoerkind