Geloof soos 'n mosterdsaadjie

ebook

By Helena Hugo

cover image of Geloof soos 'n mosterdsaadjie

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Om terug te dink aan sy lewe is soos om 'n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met 'n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders 'n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in 'n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou 'n tuisgeboorte wees, 'n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos 'n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.
Geloof soos 'n mosterdsaadjie