Hoefslae teen Middernag

ebook Woeste Laeveld

By Braam Le Roux

cover image of Hoefslae teen Middernag

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

HOEFSLAE TEEN MIDDERNAG - WOESTE LAEVELD REEKS

Hierdie verhaal speel af in die tydperk 1835 - 1887 tydens die storm en drang jare van die Oostelike Transvaal, toe die geel erts honderde mense na gebiede om Barberton laat stroom het. Die goudkoors het hewig gewoed en avontuur en romantiek was aan die orde van die dag. 'n Kosmopolitiese bevolking is in Barberton saam gehok en wetteloosheid het onrusbarend toegeneem. Die Republikeinse polisie was te ontoereikend om hierdie wetteloosheid die hoof te bied. Dit was die jare toe die geweer en die rewolwer reg en geregtigheid beslis het en meermale het ongeregtigheid die botoon gevoer.

In hierdie verhaal is Hein Brandis op pad na ʼn ou vriend van hom, genaamd oom Izak Langeman, wat hy baie jare laas gesien het. Oom Izak se beeldskone dogter, Roelien, was goed bevriend met Hein in hul kinderjare, maar sy het toe weggeloop en gaan trou met Nic Beetge, wat ʼn opperste skurk en veedief is. Nie lank na haar troue nie, kry Roelien dit reg om ongemerk vir haar pa ʼn brief te stuur, waarin sy dringend om hulp vra. Oom Izak het toe weer dadelik vir Hein laat ontbied. Hein het skaars by oom Izak opgedaag en verneem na die inhoud van die brief of hulle twee raak betrokke by veediewe, wat beide se beeste probeer wegvoer. In die skermutseling wat volg, sterf om Izak en dit maak Hein vasbeslote om hierdie geheim van Roelien en die beesdiewe op te los. Gou val die vuiste en klap die skote en Hein het omtrent al sy dae om aan die lewe te bly. Hein kry onder andere hulp vanuit ʼn onverwagte oord in die vorm van Marlene. Sy is net so beeldskoon soos Roelien en het rooi hare wat oral aandag trek. Saam met haar en Frans Verwey wat ʼn wetstoepasser is, probeer hulle die veediewe aankeer en kos dit al hul ervaring en vermoëns om staande te bly teen die gevaarlike bende wat voortdurend poog om hulle uit te wis.

Hoefslae teen Middernag