Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |

Loading... |

Met Louw Roodt se verdwyning ná 'n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie.

Was Louw in 'n ongeluk, het sy 'n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agtergelaat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?

Toe breek die nuus van 'n man wat in 'n Kaapse hotel vermoor is. Dieselfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeër dié dag die gasspreker by haar werk was.

Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? 'n Voorval wat vir Louw 'n groot sielkundige knou gegee het.

Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.