Zackie Mostert Omnibus 3 (boek 11-14)

ebook Zackie Mostert Omnibus

By Jaco Jacobs

cover image of Zackie Mostert Omnibus 3 (boek 11-14)

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is is daar altyd volop pret avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos "" waar Zackie is is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie sy beste vriend Vincent sy hond Frankenstein die kwaai buurtannie mevrou Langenhoven "" en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante bekostigbare omnibus: * Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat Katinka is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk stem hulle in want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...? * Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend Vincent verjaar een van die dae. Zackie beplan 'n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan 'n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou "" en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG! * Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op 'n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton die skoolboelie hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was 'n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende "" en hulle kry 'n plan om Anton 'n les te leer ... 'n Baie STINK plan! * Zackie Mostert en die slim speurder Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan 'n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend Vincent het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys! * Zackie Mostert se Groot Grapboek Zackie en sy beste vriend Vincent het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.
Zackie Mostert Omnibus 3 (boek 11-14)