
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Max Lucado glo elke mens het 'n begeerte om 'n verskil te maak op aarde. Ons wil voel ons het iets vir iemand beteken. Hy herinner ons daaraan dat jy die enigste een is wat jou lewe gekry het en dat niemand anders as jy daardie lewe leef nie. Daarom is dit so belangrik dat jy 'n verskil maak.
In Geskep om 'n verskil te maak wys Max Lucado ons hoe om doelgerig te leef sodat alles in jou lewe – jou tyd, jou vaardighede, jou passie – saam iets tot gevolg het wat groter is as jy. Hy moedig lesers aan om 'n verskil te maak in die lewens van diegene wat behoeftig is en misgekyk word in die samelewing.
Lucado spreek kwessies soos die volgende aan:
Wie se plig is dit om die honger en arm mense van die wereld te help?
Hoe kan ons die tendens in die Westerse wereld oorkom om net op ons eie behoeftes te fokus?
Hoe kan een mens 'n verskil maak in 'n wereld vol honger, oorlog en siekte?
Lees Geskep om 'n verskil te maak en leer dat nie een van ons almal kan help nie, maar dat elkeen van ons iemand kan help. Soos Max Lucado se: 'As ons liefde betoon teenoor diegene in nood, betoon ons liefde teenoor Jesus.'