In die sterre geskryf

ebook

By Frenette van Wyk

cover image of In die sterre geskryf

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Chantilly Dubois bevind haar teen haar sin as Papillon op 'n seerowerskip. Hulle word egter deur 'n ander seerowerskip oorrompel en sy moet aanskou hoe haar liefdesdrome in bloed voor haar wegsypel. Maar Papillon neem 'n eed dat sy op El Capitàn sal wraak neem, hoe lank dit ook al duur, haar dag sal kom. Maande lank, oor oseane en selfs aan die Kaap de Goede Hoop, te midde van groot gevare en ontbering, volg sy hierdie man wat haar geluk gesteel het. Sy verontagsaam selfs die Kaapse goewerneur se besluite oor wat verder in haar lewe moet gebeur. El Capitàn, daarenteen, sit sy soektog voort na die Peregrina, 'n gesogte pêrel wat die toekomstige Spaanse koningin toekom as deel van haar bruidskat. Toe hulle paaie weer kruis, moet Papillon teenoor haarself erken dat die wraak wat sy gekoester het stadig maar seker gemengde gevoelens geword het. Hoe anders, in die aangesig van 'n man wat so sterk en dapper sy posisie handhaaf te midde van 'n ruwe klomp seerowers? Is dat daaroor of bloot omdat sy nie langer teen sy manlike aantrekkingskrag kan veg nie? Haat sy hom of het sy hom liefgekry? Dit is die vraag wat Papillon nie beantwoord kry nie.
In die sterre geskryf