Die Tuinier Tydskrif

magazine Jan 01 2021 · Die Tuinier Tydskrif

cover image of Die Tuinier Tydskrif

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

WELKOM

Gee om vir carex • Hoekom moet ons omgee vir hierdie grasagtige plante waarvan die een styf, droog, roesbruin en aan die doodgaan lyk (selfs al is dit heeltemal gesond!) en die ander twee soos bossiekoppe lyk wat dae laas gekam is?

Landskap en beeld

Laat jou plante hierdie somer skitter

‘The Great Reset’ • 10 Neigings wat ons lewens na COVID-19 gaan vorm. Niemand met gesonde verstand kan aanvoer dat ons met die verloop van die tyd niks geleer het nie, veral nie na 2020 nie… Garden Media se 2021 Trends Report lys positiewe voorspellings en neigings waarvan ons moet kennis neem as ons in die toekoms in ‘n beter wereld wil leef…

Vier die veelsydigheid van meerjariges • Verklein die grootte van jou veeleisende grasperk deur meer tuinruimte met ‘n verskeidenheid meerjarige blomplante vol te maak – dis beter vir die natuur en jou waterrekening, dit verg heelwat minder onderhoud en seen jou met pragtige blomme. Hier is vier kombinasies om te beproef…

Haal meer uit jou groentelappie uit • Een neiging wat nie gou sal verdwyn nie, is die kweek van meer vars produkte, van krulkool tot bloubessies.

Alles begin by die grond • Ons het dit al gesê en ons sê dit weer: Voed jou grond en kyk hoe groei jou plante.

Maak jou tuin weer wild • Met biodiversiteit wat onder die grootste druk tot nog toe is, kan en moet ons almal ons kant bring om ‘n natuurleweskuilplek in ons tuine te skep.

Nuut in die blomwêreld • Nuwe blomstyle en giere het die grense vir 2021 met roekelose kleurkombinasies verskuif, maar vergoed daarvoor deur vir die natuur om te gee. Kom ons verken dit!

’n Beginner se Gids vir Binnenshuise Plante • In die eeu van piepklein woonstelletjies en blerende skerms sukkel jong natuurliefhebbers om hul dosis tuinmaak te kry. Die oplossing is natuurlik om plante binnenshuis te kweek. Die toename in woonstelbewoning en verlange na ‘n verbintenis met die natuur het tot die opbloei in die gewildheid van binnenshuise tuinmaak gelei. Nie veel is nodig om betrokke te raak nie, en as jy eers daarmee begin het, is verslawing gewaarborg.

Hou jou blaarvriende aan die lewe • Die meeste beginnervriendelike plante volg ‘n standaardstel reels wat maklik ‘n groen hand van ‘n moontlike plantmoordenaar maak.

Miniplante en kitskos • Tegnologie het ons bederf. Alles gebeur deesdae soveel vinniger, en ons verwag ook vinniger resultate. Die natuur se pas kan frustrerend stadig wees, veral vir uiters entoesiastiese nuwe tuiniers.

Gee meer om vir bome • Jy kan van plan verander en enige plant met iets anders vervang. Verander jy egter van plan oor ‘n boom wat op die verkeerde plek geplant is, is die hartseer groot… Om naby mooi bome te wees en stories oor hulle te ken, sal meer mense inspireer om gesamentlik meer van hulle aan te plant en te versorg, want al wat bome ooit doen, is gee.

Buite op kantoor • As ons op tendensvoorspellers en menings kan peil trek, sal die aard van werk soos ons dit ken vanjaar verander. Afstandswerk, wat tevore as ‘n luukse beskou is, sal na verwagting toeneem met groot tegniese maatskappye soos Facebook en Twitter wat permanente afstandswerkbeleide instel. ‘n Menigte uitdagings gaan egter hiermee gepaard – die balansering van die gesins- en werkslewe, om nie medewerkers te sien nie, en om ‘n toegewyde kantoorruimte te kry om die werk en die huis te skei.

Leer die taal van blomme • Daar is twee soorte dialoog tussen...

Die Tuinier Tydskrif