Finweek - Afrikaans

magazine Dec 17 2020 · Finweek - Afrikaans

cover image of Finweek - Afrikaans

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...

Finweek is Suid-afrika se voorste bron van sake- en beleggingsnuus en -ontleding.

Die redakteur sê

Hoe tegnologie die politiek beïnvloed • Die vooruitgang in hoe ons kommunikeer, sal voortgaan om geleenthede te skep vir dié wat verdeling wil saai.

Bemagtiging wankel onder druk • EU-druk en ’n moontlike appèlhofbeslissing kan die regering dwing om te herbesin oor sy bemagtigingsbenadering.

Finweek - Afrikaans

Die gekke jaar, oftewel 2020 • Die nuwe dekade het in Januarie met ’n knal begin toe die Amerikaanse president Donald Trump ’n lugaanval gelas het waarin Iran se generaal-majoor Qasem Soleimani gesterf het en wat byna die Derde Wêreldoorlog veroorsaak het. Min het die wêreld geweet dat hy tog oorlog sou voer, hoewel dit ’n virale oorlog sou wees. Terwyl een van die buitengewoonste jare ooit ten einde loop, kyk ons na sekere gebeure van die jaar.

SKEWE KYK

Myngroepe staal hul vir nuwe leiers • David McKay gee ’n blik op wat die bedryf in 2021 kan verwag noudat party van die grootste mynmaatskappye ter wêreld bestuursveranderings ondergaan.

Kry jou onderneming aanlyn • Die meeste ondernemings gaan ná die pandemie aanlyn en Google het nuwe, gratis hulpmiddels vir hulle.

Belegging vereis versigtige toewysing en instandhouding • Die bestuur van ’n portefeulje – die keuse tussen belegging in aandele of ETF’s en watter aandele om te hou – verg tyd.

Aandeelkeuses vir 2021 • Die tegniese ontleder Moxima Gama bespreek die vier aandele wat sy meen in die nuwe jaar die beste stygpotensiaal bied.

Wat het van inflasie geword? • Simon Brown meen die omgewing van lae inflasie wêreldwyd is hier om te bly.

Koebaai 2020. .. hallo 2021 • Schalk Louw deel sy siening oor die grootste bateklasse se vooruitsigte wat vir plaaslike beleggers beskikbaar is.

Vooruitsigte vir SA se vier gewilde beleggingsinstrumente • Met die moeilike jaar wat nou einde se kant toe staan, lê daar dalk ’n ruskansie vir plaaslike aandele en effekte voor. Die poging om ’n gediversifiseerde mandjie buitelandse ETF’s te noteer, sal waarskynlik voortduur. En die rand? Laat ons nie ons vingers verbrand deur die toekoms van ons wisselvallige geldeenheid te probeer voorspel nie.

Die JSE eindig 2020 sterker • Beleggers begin herstel in die nuwe jaar vooruitloop.

Groottegnologie kan septer bly swaai in gedempte waardeherstel • Beplande verdeling van groottegnologiemaatskappye in Amerika kan entrepreneurskap ’n bietjie steun.

’N VERHAAL VAN ENTSTOWWE EN GROEIBEPERKINGS • Die vooruitsigte vir SA se ekonomiese groei in 2021 hang af van ’n vinnige toename in kragopwekking en broodnodige hervormings. Om dit reg te kry, is ontsagwekkend.

SLEGTE (BELEGGING-) BESLUITE IN ’N PANDEMIE • Die slaggate om aandele tydens die Maart-ineenstorting, met bedrukte pryse, te verkoop of ’n mens se pensioen te laat opbetaal het baie uitgevang.

SEKTOR SIT MURG IN EKONOMIE SE PYPE • Een van 2020 se suksesverhale was stewige groei in die landbousektor te midde van inperkingsmaatreëls en ’n sukkelende ekonomie.

DIE JAAR WAARIN KLEIN ONDERNEMINGS GELY HET • Die Covid-19-pandemie het die broosheid van Suid-Afrika se KMMO’s sterk laat uitstaan, met baie wat ekonomies swaargekry het. Meer moet gedoen word om te sorg dat dié sektor floreer.

Oorlewingstrategieë vir 2021

Hoe kan KMMO-eienaars hul beter toerus?

EENVOUDIGER FINANSIERING • Met digitale tegnologie kan SMEgo-gebruikers met een proses vir verskeie finansieringsgeleenthede aansoek doen.

Brouers en distilleerders in die nadraai van die pandemie • Plaaslike whiskyprodusente en rumdistilleerders sien uit na ’n verskerping van tendense, selfs terwyl die verkope van boetiekjenewer beleë begin raak.

Probeer dié seisoen die...

Finweek - Afrikaans