Tuis Kombuis

magazine Tuis Kombuis 2016 · Tuis Kombuis

cover image of Tuis Kombuis

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

[ hallo ]

wat’s nuut • Saamgestel deur Beatrice Moore-Nöthnagel en Johané Neilson Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.

Tog te fraai! • Versier die spilpunt van jou huis met dié pragtige dekoritems.

Nuut verbeter • Vyf lesers nooi ons in hul huis en deel hul slim idees. Loer gerus!

Nuut gemaak met ou goed • Tjaart en Marié Esterhuyse wou graag ’n kombuis met ’n plaasgevoel hê. Met los kaste het hulle presies dit reggekry.

nuut

Hier kiep-kiep! • Waar die hoenders se broeikamer op Mariané en Willie Mostert se Bolandse plaas was, is deesdae ’n mooi landelike kombuis.

Daar’s water! • Mengkrane en laboratoriumwasbakke is vuurwarm kopies. Skud gerus jou sak en gee jou kombuis ’n gevoel van weelde.

’n Lekker plek vir bak en speel • Die pienk kleurpalet is dalk ongewoon, maar dié kombuis in Blouberg is ’n funksionele ruimte.

KOEL kalant • Dié nuwe kombuis spog in kontemporêre liggrys, heldergroen en bamboes – ’n byderwetse kombinasie vir ’n gesellige ruimte.

Stadsjapie • ’n Donker, beknopte 1980’s-kombuis het plek gemaak vir ’n knus plaasstyl-ruimte kompleet met ’n braaikamer langsaan vir lekker onthaal.

WEN • Nege gelukkige lesers kan elk ’n Le Creusetbakstel ter waarde van R2 480 losslaan!

Top-15 • Oor die jare het ons al talle pragtige kombuise gewys. Dié 15 bly vir ons beeldskoon, en lesers vra steeds daaroor.

In ligte laaie • Gee jou kombuis ’n vars voorkoms met ’n pragtige hanglig of kandelaber.

3 opknappe • ’n Kombuis het baie lewens, soos dié drie regrukprojekte bewys.

“ Oopplan – tot die   maksimum ! ” • Ná die kombuis-uitgawe in Augustus laas jaar wou lesers weet hoe lyk Tuis se redakteur, Wicus Pretorius, s’n. Hier’s dit nou.

Drie opknappe later: “ Nóú kuier ons! ” • Dié kombuis was in 2010 nog erg afgeleef, maar ná drie sent-omdraaiprojekte het Deon en Debbie de Goede ’n kuierplek wat nommerpas is vir hul kreatiewe persoonlikhede en gesellige leefstyl.

Beste voetjies voor! • Sorg vir lekker sitplek in jou kombuis met dié stylvolle kroegstoele.

“ Twee keer bygekom! ” • ’n Knap begroting het beteken die Snymans kon aanvanklik net bolangs mooimaak. Maar later het hulle dit behoorlik reggeruk – ons wys jou albei projekte …

Kombuis werkboek • Wil jy jou kombuis mooimaak sonder dat dit jou sak ruk? Probeer een (of meer) van dié

VRA DIE KENNERS • Het jy raad nodig oor verfkleure vir jou kombuis? Sukkel jy om die regte beligting te kry? Jy vra – ons kry die antwoorde.

1 kombuis,   2 planne • ’n Piepklein kombuisie wat meer soos ’n gang as ’n plek vir lekker kosmaak en kuier lyk, is die dilemma wat ’n Kaapse leser, Marius van der Wall, te bowe moes kom. Ons het sy woonstelplan vir twee kombuisontwerpers gegee – kyk net waarmee hulle vorendag gekom het.

... ’n spatplaat vir jou kombuis • Marlene Kruger van Inspired Interiors maak ’n treffende spatpaneel met ons Dirty Hands Chalky Decor Paint – en baie liefde en geduld.

... vir ’n nuwe • Maak ’n treffende kandelaber om...

Tuis Kombuis