SARIE KOS
magazine ∣ Oct/Dec 2020 · SARIE KOS
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.
DIE AFRIKAANSE TAFEL
Sarie Kos
AMERIKAANSE PRONKPERD
ONS HOU VAN
ONS TOP-12 • Lente is hier en dis tyd vir feesvier! Bak ’n lekker koek of maak ’n laatontbyt, ons wys wat jy alles nodig het om die allermooiste tafel in die tuin te dek
VROLIKE vonkels • Dis lente, en wat kan beter wees as ’n glas vonkelwyn in die vrolike seisoen?
Dier-baar
ONS Kos
Ontbyt vir koninginne • Koskenners voorspel ‘brunch’ gaan dié lente een van die grootste onthaaltendense wees. En ons kan nie blyer wees nie, want wat kom by ’n langtafel met kleure en geure vars uit die seisoen? Kom sit aan vir ’n spyskaart gevul met plaaslike bestanddele in internasionale geregte, met vier voormalige Mejj. SA ons gaste
Wafels vir ontbyt • Begin jou dag op ’n ekstrahoë noot met Nulaid. Hierdie kombinasie sal enige gas laat vergeet om haastig te wees. Dis nuut, anders en vullend
‘Italiaanse’ ontbyt • Hoe dikwels hoor ons ontbyt is die beste begin van ’n dag. En dié manier van polenta voorsit, nes in Italië, gaan jou nog meer laat uitsien na die volgende een. Saam met GLAD kan jy maar weet dit gaan kleefvry en maklik wees
DIE TEETAFEL VAN nostalgie • Koekvurkies, mooi borde, tafeldoek, heerlike versnaperings en samesyn was die wenresep van die teetafel van ouds. Kom sit aan en proe weer die nostalgie van byna vergete gebak
Franse gebak à la die Strand • Tanya Pöhl-Fourie is passievol oor Franse fyngebak, maar dis macarons waarmee sy toor by Tantalize Patisserie, ’n gesellige koffiewinkel versteek in ’n mooi antiekwinkel in die Strand. Ons het by haar gaan inloer
5 sekondes met Tanya
E-pos UIT SWAKOPMUND, NAMIBIË • Aan die een kant van Swakopmund is die see, aan die ander kant woestyn. Die strate is van sout en die Duitse invloed sterk in ’n land waar vergaderings soms nog in Afrikaans gehou word. Nadine Hay vertel meer van haar ervaring van Namibië
VEELSYDIGE VABAIlDEH • Sê jy varkvleis, dink die meeste mense spek. Maar die verskeidenheid snitte en gaarmaakmetodes is talryk en bied iets vir elke smaak. En dis boonop bekostigbaar. Hier is 8 snitte wat ons reken jy deel van jou dieet kan maak
1 varkblad, 2 etes • Die feestyd is hier, maar kom ons wees eerlik, ná ’n rowwe jaar is ons beursies maar dun. Wees gerus, varkvleis bly die mees bekostigbare vleis en met een snit kan jy baie doen. Hier’s ’n plan
Het jy geweet?
WESKUSJUWELE • Dis nou die tyd van die jaar dat die beste van die Weskus hul verskyning maak: mossels en oesters. Perfek vir die feestyd wat voorlê. Ons het gaan uitvind hoe word volhoubaar met dié skatte van die see geboer en sommer ook inspirasie gekry vir nuwe resepte
IN JOU MANDJIE
DOOP & SMEER • Maak hierdie feestyd jou kuiers maklik met patees en eenvoudige broodjies op jou tafel. So kan jy kuier en peusel sonder om jou te bekommer oor die kos
Ons sê dankie vir die klassieke kostreffers • Coq au Vin is hartlike elegansie op ’n bord. En met al die bestanddele gerieflik beskikbaar by jou naaste SPAR, insluitend jou SPAR Freshline-gunstelinge, kan dit nie makliker wees om hierdie klassieke Franse gereg voor te sit nie. Hoekom nog wag, probeer dit!
Lekkerte uit die yskas • Dis daardie tyd van die jaar wat ons feestafels wil...