Landbou Boerekos

magazine Somer 2020-2021 · Landbou Boerekos

cover image of Landbou Boerekos

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

DOEN DIT VIR ONS BOERE! • Soweto het my geleer hoe heerlik goedkoop beesvleissnitte kan wees. Soos duisende ander Blou Bul-ondersteuners ook in 2010 ontdek het

Só sê ons lesers • Die winteruitgawe van 2020, oor die streekskos en mense van die Breedekloof, het wonderlike reaksie ontlok. Dankie vir al julle briewe en saamgesels!

REK JOU RANDE IN DIE KOMBUIS • Om elke dag ’n paar etes op tafel te sit, kos nie min geld nie. En kospryse wat bly styg, is genoeg om enigiemand moedeloos te maak. Gelukkig is daar raad!

Spensstaatmakers • Met hierdie basiese produkte in jou koskas en vrieskas is jy goed toegerus. Saam met ’n paar vars produkte, vleis uit die yskas of iets uit die broodblik daarby, sal jy so te sê ál die resepte in hierdie uitgawe kan voorberei.

Só rek span hul rande • Om geld te bespaar en steeds lekker te eet, is vir ons almal belangrik. ’n Paar Boerekos-redaksielede vertel wat hulle doen om meer ekonomies te eet.

KOOK SLIM EN SPAAR • Jy kan steeds lekker kos maak met bekostigbare bestanddele. Ons het ’n paar staatmakers uit die spens en vrieskas gehaal en ware randrekkers opgedis wat jou baie geld sal spaar en waaraan jou gesin sal weglê.

TUNA • Met ’n blikkie tuna of twee in die koskas sal jy altyd iets vir aandete kan optower. Dit pas by alles van pasta en aartappel tot eier en is die ideale staatmaker as jou tyd min en jou beursie dun is.

BEVRORE VIS • Die lekkerte van visgeregte is dat dit so vinnig is om gaar te maak. Met bevrore vis in die vrieskas hoef jy nie naby die see te bly om gereeld seekos te kan eet nie.

MAALVLEIS • Maalvleis is ideaal vir ’n weekaandete, want dit is vinnig om gaar te maak, veelsydig, voedsaam en ’n bekostigbare manier om rooivleis op die tafel te sit.

WORS • Etes met wors is gou om te maak en altyd smaaklik, want met wors is die meeste van die geurwerk reeds vir jou gedoen.

HOENDERPORSIES • Hoender bly ’n immergewilde en veelsydige treffer en resepte vir maklike weekaandetes daarmee is altyd in aanvraag.

HOENDERLEWERS • Hoenderlewers is ’n sakpas bron van proteïene en yster en die ryk en romerige tekstuur maak in ’n japtrap die heerlikste souse en vulsels.

BEVRORE EN BLIKKIES GROENTE • Kyk met nuwe oë na daardie blikkiesgroente in jou koskas en die sak bevrore groente in die vrieskas.

EIERS • Eiers is superkos – ’n volledige ete in ’n dop. Dit is perfek om enige tyd van die dag op tafel te sit.

PASTA • Noedels en pasta pas in baie kategorieë, wat wissel van blitskos tot trooskos. Vegetariërs en vleiseters, kinders en volwassenes is ewe lief daarvoor.

RYS, LENSIES EN BONE • Droë peulgroente en rys is sakpas-bestanddele waarmee jy ver sal kom. Dit is nie net perfek vir sop en stowegeregte nie, maar ook vir slaai, roerbraai en vleislose geregte. Boonop is dit gesond en propvol vesel.

TYD OM TE BAK!

SAKPASSNITTE • Jy kan steeds aan vleisgeregte weglê, al is jou begroting knap. Ons wys jou hoe lekker jy met ekonomiese vleissnitte kan kook.

BEESVLEIS • Of jy ’n heerlike bredie, hamburger of gebraaide steak verkies, beesvleis is ’n immergewilde vleiskeuse. As jy slim koop en kook, kan jy smul én spaar.

SÓ SÊ ’N BEESBOER • Derick le Roux van die Xourel-Limousin-stoetery is in 2019 aangewys as die Suider-Afrikaanse stoetteler van die jaar – die jongste teler tot nog toe wat dié eerbewys ingepalm het. Hy boer saam met sy ouers en broer op die plaas Twee...

Landbou Boerekos