Weg!

magazine Weg Botswana kaartgids 2020 · Weg!

cover image of Weg!

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

REDAKTEURSBRIEF

Weg Botswana kaartgids

BY DIE GRENS

Wat sê die mense oor die grense? • Ons het met toerismemense gesels in Botswana, Namibië, Zambië en Zim oor die Covid-19-regulasies in hulle lande. Hou in gedagte dat hierdie gids in Oktober 2020 gedruk is – baie van hierdie inligting sal verander teen die tyd wat jy hierdie lees. Vergewis jouself van die jongste feite wanneer jy jou reis beplan.

Die pandemie knou sake • Toerisme in Botswana het in 2020 ’n groot terugslag ervaar. Hoewel groter lodgegroepe dikwels moeilike tye kan deursien, is dit veral die kleiner gemeenskapskampe of familieondernemings wat finansieel die ergste druk ervaar onder die abnormale toestande van Covid-19.

HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK

NOORDELIKE BOTSWANA

SUIDELIKE BOTSWANA

Waar lê Suid-Afrika se Botswana? • ’n Vakansie in Botswana beteken báie ry, dalk nog voor jy in die land aankom. In hierdie kort afdeling van ons akkommodasiegids lys ons oornagplekke na aan die grens – maar dalk kuier jy vanjaar lánger by hierdie plekke…

AKKOMMODASIEGIDS • As jy vakansie in Botswana wil hou, moet nie jy skrik vir vér ry nie. Afhangend van waar in Suid-Afrika jy woon, mag dit jou selfs langer as ’n dag vat om die land te bereik. Maar ons het raad…

Suid-Botswana

Rus, vrede & oorgenoeg leeus! • Die grootste deel van die Kgalagadi-oorgrenspark lê in Botswana. Dié deel is net vir 4x4-entoesiaste en diegene wat nie gepla is met buurmanne wat die hele nag lank brul nie.

HOE WERK DIE OORGRENSPARK?

AKKOMMODASIEGIDS: SUID-BOTSWANA

KAA & MABUASEHUBE

Sentraal-Botswana

’n Landskap vir die siel • Terwyl die Covid-19-pandemie die ganse wêreld op sy knieë het, mik Vic Ives en Steph Perrin na ’n afgesonderde, wilde park: die Sentraal-Kalahari-wildreservaat.

NOODSAAKLIKE ITEMS • ’n Mens moet heeltemal selfvoorsienend wees wanneer jy die Sentraal-Kalahari-wildreservaat besoek. ’n Toegeruste 4x4 is belangrik. Vic gee nog ’n paar wenke:

Wie is Vic en Steph? • Hoe reël ’n mens ’n selfrytoer deur Suider-Afrika as jy in Australië woon? Met goeie Suid-Afrikaanse bystand, dís hoe!

AKKOMMODASIEGIDS: SENTRAAL-BOTSWANA

Noord-Botswana

Megan in Moremi • Om in die natuur – wat nog te sê van in die Moremi-wildreservaat! – te werk is seker menige leser se droombestaan. Die wildehondnavorser Megan Claase het dié droom laat waar word.

Raak betrokke

AKKOMMODASIEGIDS: NOORD-BOTSWANA

Namibië, Zambië en Zimbabwe

Die wíldste strook • Namibië se Zambesistreek – voorheen bekend as die Caprivistrook – en die aangrensende Kavango-Oosstreek bied een van die wildste dog toeganklikste en bekostigbaarste vakansies nóg.

Kom speel in die water • Of jy op Victoria Falls in Zimbabwe oorstaan of Livingstone in Zambië, is daar meer maniere om die streek se water te geniet as om net in die sproei van die waterval te staan. Maak solank jou moetdoenlysie…

AKKOMMODASIEGIDS: NAMIBIË, ZAMBIË & ZIMBABWE

Van bos tot koraalkus • Ervaar wildkyk in die Kruger én Mosambiek se palmstrande op ’n fantastiese reis met Bhejane Adventures.

Botswana, Okavangodelta, Caprivi, Chobe en Victoriawaterval

BOTSWANA OP SY...

Weg!