Weg! Photography

magazine 2016 · Weg! Photography

cover image of Weg! Photography

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...

Of jy nou ’n kieklustige amateurfotograaf is wat jou mik-en-druk deeglik wil benut of ’n kranige watergatwaker met ’n sak vol lense, Weg se eerste spesiale fotografie-uitgawe vertel jou álles wat jy moet weet. Sluiterspoed? Lensopening? Beligting? Ons ontleed dié duistere vaktaal en gee jou wenke en truuks wat verseker dat jy kiekies neem wat goed genoeg is vir die sitkamermuur.

Vang herinneringe vas

MEDEWERKERS

D750 + AF-S NIKKOR 24-120 MM F/4G ED VR • Volraamvryheid, uitstekende veeldoeligheid & die gerief van ingeboude Wi-Fi

KOOP NOU!

Canon se PowerShot G3 X • Dit maak nie saak of jy passievol oor foto’s of video’s is nie – die nuwe Canon PowerShot G3 X is dié superzoemkoning.

Die room van die oes

HOE OM IN TE SKRYF, EN TE WEN! • Die natuurfotograaf Greg du Toit het hope ervaring van fotokompetisies... Hy het immers al die grootste prys van almal gewen: Natuurlewefotograaf van die Jaar. Ons praat met hom oor redigering, wat beoordelaars beïndruk en hoe om teleurstellings te hanteer.

KOM TOER SAAM!

BEMEESTER DIE BASIESE REËLS • As jy eers ’n paar sleutelbeginsels onder die knie het, is fotografie kinderspeletjies. Hou dié kortpaadjies en bêre dit in jou kamerasak.

WENKE & TRUUKS • Ons lesers se entoesiasme motiveer en hou ons op ons tone. By ons fotoslypskole en deur met julle te gesels het ons agtergekom daar is ’n paar vrae wat altyd opduik... Hier beantwoord ons hulle.

1 HOE NEEM EK ’N PUIK KAMPVUURFOTO?

2 HOE GEMAAK MET LENSFRAKSIE?

3 HOE NEEM EK ’N VOËL IN VLUG AF?

4 HOE NEEM EK ’N GOEIE REISPORTRET?

5 HOE NEEM EK ’N GOEIE SONSONDERGANGFOTO?

6 HOE NEEM EK FOTO’S VAN KINDERS?

7 UHM, WAT IS VELDDIEPTE?

8 HOE BEMEESTER EK MONOCHROOM?

9 HOE VERSTAAN EK FILTERS?

10 WAT IS DIE BESTE MANIER OM ’N SILHOEËT AF TE NEEM?

GEREED, EN… AKSIE! • As jy die avontuurfotograaf Craig Kolesky soek, sal jy hom waarskynlik kry waar hy ’n rotsklimmer afneem wat tussen hemel en aarde hang. Of ’n skaatsplankryer wat teen swaartekrag stry. Of ’n bergfietsryer. Maar dit het alles by sy liefde vir die see begin.

Leer beter foto’s neem!

DIE KAMERA IN JOU GATSAK • Jou slimfoon is die Swiss Army-mes van ons moderne lewe. En sy beste funksie is sy kamera. Hoekom? Want dis altyd by jou! In hierdie afdeling wys ons jou van ons gunstelingapps en ons stel jou voor aan Instagram en Suid-Afrikaners wat dit die heel beste gebruik.

Wag, ’n mens kry ’n app daarvoor... • Jy kan deesdae ’n app aflaai vir elke ding onder die son. Daar’s een waarmee jy die naaste openbare toilet kan opspoor en een wat daai gevoel wanneer jy borrelplastiek bars, naboots. Weet jy nie wat jou motor se banddruk moet wees nie? G’n probleem nie, daar’s ’n app! Dis dieselfde met fotografie-apps – daar is oorweldigend baie. Maar watter app is die moeite werd om af te laai? Ons het ons gereelde fotografieskrywers gevra om raad te gee.

BESTEMMING: INSTAGRAM • Instagram is ’n wonderlike plek om jou eie foto’s te deel en ook om die werk van ander fotograwe wêreldwyd te ontdek. Meer as 300 miljoen mense gebruik dié diens, maar jy kan diegene wat jy sien, beperk tot wie jou inspireer. Ons lig hier ’n paar van ons gunsteling- plaaslike Instagrammers uit. Hulle is avontuursoekers wat inspirasie put uit die buitelewe.

Maak jou foon nóg slimmer • Soos wat fone al meer funksies bykry en die kameragehalte die hoogte in skiet, maak al meer en meer katoeters en dienste hulle verskyning op die mark. Hierdie vier het ons oog gevang...

BEWAAR DEUR FOTO’S • Die Australiese fotograaf Adrian Steirn het al ’n paar swaargewigte afgeneem: Sy 2011-foto van ’n bejaarde Nelson Mandela wat terugkyk in ’n handspieëltjie, is een van die mees ikoniese uitbeeldings van dié...

Weg! Photography