Weg! Kampkos

magazine 2016 · Weg! Kampkos

cover image of Weg! Kampkos

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Die smaaklikste en maklikste resepte uit WegSleep, WegRy en Weg oor die afgelope ses jaar verskyn in die eerste uit- gawe van Kampkos. Min dinge in die lewe is lekkerder as ’n aand onder die sterre met vriende en familie rondom ’n kampvuur – en natuurlik goeie kos om die kuier nóg geselliger te maak. Of jy nou iets op die rooster wil gooi, ’n potjie maak of die oondjie in ’n selfsorgplek gebruik, Kampkos het meer as 100 watertand resepte vir elke geleentheid of gaarmaakmetode.

Is die kole al reg?

Kook ons voorblad!

Padkos • Die pad is lank, jou maag grom en die kinders kerm. Nou ja, kom ons haal die padkosblik uit...

Ontbyt • Op ’n rustige naweek weg is laat slaap en ’n ordentlike ontbyt aan die orde van die dag... dis die tyd om ’n slag iets anders as roereier en roosterbrood te maak.

Ligte etes • Dit klink dalk vergesog, maar soms kan ’n mens nie nóg ’n braaibroodjie of tjoppie in die oë kyk nie... dan is dit tyd vir vinnig ’n plan maak.

Braai • Waar daar ’n rokie trek, sal daar gebraai word! Of dit nou staatmakers of nuwe geure is, iets oor die kole hou almal gelukkig.

Potjies • ’n Pot moet lank en stadig kook om al die bestanddele gesellig te laat saamkuier. ’n Knertsie dit en ’n knippie dat kan ook nie skade doen nie.

Bykos • Slaaie, broodjies en souse... Ouma se papsous, Ma se aartappelslaai, Pa se roosterkoek – dis hoe jy weet jy is by die huis. Bykosse raak instellings en gee flair aan jou kuiers.

Soetgoed • Ietsie soets lawe die gemoed... wys vir jou mense jy is lief vir hulle en maak een van dié geregte selfs wanneer julle kamp.

Weg! Kampkos