Weg! Platteland

magazine Herfs 2020 · Weg! Platteland

cover image of Weg! Platteland

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

As reën ’n ramp word

Weg! Platteland

Vertelons

Nuus & dagboek • Van Riebeek-Wes tot Koringberg, Paternoster tot Elandsfontein… op die Plattelandis daar altyd iets nuuts te sien of proe.

Breek weg na Swellendam (en word wys)

Kaapse Camino kry nóg twee bene

Vat jou fermentasie (of kleitalente) verder

Borrelende persoonlikheid

Proe die platteland

Dinge vir jou dagboek

Tyd vir boekevat • Kombuis toe, tuin toe of kooi toe? Hier is ons 10 gunsteling-nuwe boeke wat sal help om 2020 se herfs lees- en leefwaardig te maak.

Ons gaan dorp toe • Met die son wat ál vroeër sak en die eerste herfsblare wat neerdaal, het dié knus kopies ons oog gevang.

OHRIGSTAD Vallei van die saamstaners • Die meeste mense op Ohrigstad stem saam hulle dorp is op drie hoofpilare gebou: die boere, die skool en die kerk. In dié droë, ongenaakbare landskap van Limpopo leer mense al van die Voortrekkers se dae af hoe om aan te pas en mekaar by te staan.

Ontmoet die mense

Wat kos eiendom? • Ons het die volgende eiendomme op die webwerf property24.com raakgeloop.

Eet, drink, wees plesierig

Ons wag op die reën… • As dit 25 mm reën oor ’n tydperk van drie jaar, dan praat ons van ernstige droogte. Dis ’n droogte wat mens en dier uitmergel, een wat jou soggens laat wakker skrik pleks van wakker word, sê Chrismari van der Westhuizen van die plaas Uitspankolk 100 km noord van Loeriesfontein.

Val staan sterk • Terwyl plattelandse hotelle die afgelope dekades ’n stadige, stille dood sterf, is dít juis wat die dorpie Val met sy handjie vol siele aan die gang hou. Hier word nog ’n hond uit ’n bos geëet en gedrink, gesels, gelag, gehuil, gekuier… en bowenal gelééf.

So ja, dís ’n blink sakeplan! • Boere moet vindingryk wees om in die moderne tyd te oorleef. Johann Pistorius, ’n boer van Val, het vorendag gekom met ’n unieke besigheidsplan.

Ontmoet die mense

Sprokie vir ’n plaasdier • Die Greyton-plaasdiertoevlugsoord – amptelik die Greyton Farm Animal Sanctuary – is ’n plek waar omtrent 160 plaasdiere die “lank en gelukkig” van veeverhale uitleef wat min ander van hulle soort beskore is. Dít alles danksy die goeie fee Nicky Vernon.

Gisondheid! • Die wêreld is op hol oor gefermenteerde kos propvol probiotika, al is dié “nuwe” kosgier in werklikheid (amper) so oud soos die berge. Oor die beweerde “menigte gesondheidsvoordele” van kombucha, kefir, kimchi, sauerkraut, wyn- en appelasyn sal jy egter sélf moet navorsing doen… ons wys jou hoe.

Ons gaan tuin toe • Lieflike herfs. Raak rústig saam met die natuur. Ons wys jou hoe om spekboomatjar en ’n vetplantrangskikking te maak, uile in die tuin gelukkig te hou en wys ’n spogtuin wat nét van steggies, “geleende” plante en liefde bymekaargesit is.

Maak jou eie spekboom-en-wortelatjar

’n Oase vir vetplantliefhebbers • ’n Liefde vir vetplante het vir Corné Burger van die Noord-Kaapse dorpie Kanoneiland ’n voltydse stokperdjie én besigheid geword.

Groei en laat groei

Betree Japan… • In September neem Platteland die eerste keer ’n groep om die eeue oue pelgrimsroete Kumano Kodo in Japan te stap. Kom saam!

Die vet van die aarde • Ons woon in ’n land waar water weens klimaatsverandering al hoe skaarser en duurder gaan word. Daarom maak dit soveel sin om...

Weg! Platteland