Tuis Verf Dit

magazine 2019 · Tuis Verf Dit

cover image of Tuis Verf Dit

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Tuis Verf Dit

’n BIETJIE sonskyn • Of jy dit nou op ’n hele muur of net ’n meubelstuk gebruik, jy kan altyd op geel reken vir warmte en vrolikheid.

G’N beige nie, DANKIE • Donker mure, spatsels helder kleur en tropiese elemente skep ’n ryk boheemse karakter in ’n jong paartjie se woonstel in die skadu van ou Tafelberg.

Dis die ene betowering • Wat eers ’n bouval en ’n “hoenderhok” op ’n kleinhoewe op Cullinan was, is omskep in die “perfekte onvolmaakte huis”.

’N GRATIS APP VIR JOU! DULUX VISUALIZERTM • … wys jou die resultaat nog voor jy ’n kwas opgetel het!

LEEF IN volkleur • Helder kleure sonder enige reëls laat dié huismense waarlik vry voel.

LIG EN vars gekwas • Wat lyk soos ’n splinternuwe kombuis was grotendeels ’n herwinningsprojek – en dit het alles op ’n knap begroting en met net ’n paar blikke verf gebeur.

TYD VIR verandering • Nadat Adri Joubert ’n krytverfwerksessie bygewoon het, was sy vuur en vlam vir ’n kombuisvernuwing.

STEEL DIE AANDAG • Verander jou eetarea in ’n apploustrekker met Dulux se Kleur van die Jaar, Creme Brulee, en ’n treffende swart.

Dis speeltyd! • Die Ficks van Durbanville het ’n vervelige speelkamer omskep in ’n prettige ruimte geïnspireer deur die kinders se liefde vir Minecraft.

Oe-la-la! • Die verfkenner Dale Niehaus het haar en haar man, Ruan, se slaapkamer in ’n elegante boudoir omskep – in ses maklike stappe.

IS DIT SWART? Mm…amper! • Donker kleure verleen drama aan enige ruimte – selfs op ’n treffende stoep wat lafenis teen die somerson bied.

TYDLOOS & KONTEMPORÊR • Die perfekte palet kan ’n gevoel van geluksaligheid aanwakker.

’n Kosmos van KLEUR • Om die wêreld in 80 dae? Wat van 80 kleure? Kry inspirasie uit dié ruimtes en palette om jou eie huis in ’n pragtige bestemming te omskep.

VERF ’N FOKUSMUUR VOL seshoeke • Kikker jou kuierhoekie op met dié treffer-patroon.

STENSIL DIT! • Dit vra geduld, maar enigeen wat al ’n stensilprojek aangepak het, sal getuig dat die resultaat die moeite werd is; hier is ’n paar van ons gunstelinge, plus kennersraad…

FOKUS OP VLOERE • Hoekom nie jou sementvloer stensil nadat jy dit geverf het nie? Dit gaan tyd neem, maar sal enige ruimte nuwe lewe gee.

WERK MET HOUT

NOG INSPIRASIE

GEE DIT tekstuur • Al wat jy kort vir lieflike tekstuur teen ’n muur is ’n stensil, pasta en ’n bietjie geduld.

Rou muur? Wit hom af! • Gee enige vaal baksteenmuur ’n trendy industriële voorkoms, versier dit dan met ’n stensil en siedaar – ’n treffende fokusmuur!

Sit net krul ’n by! • Niks verveligs hier nie, dankie! Ons kyk na planne vir pragtige driedimensionele versierings.

’N VROLIKE BAADJIE VIR JOU kombuisstoeltjies • Met dié vinnige, maklike projekte kan jy gewone kombuisstoeltjies omskep in iets spesiaals.

’N FEESTAFEL met verf! • Neem jou eettafel van funksioneel na vet pret met dié oulike verftegnieke.

DIS IN DIE detail • As sake soms vir jou donker lyk, sê Wicus Pretorius,...

Tuis Verf Dit