'n Enkele verhaal

ebook Die jag op 'n reeksverkragter

By Deon Wiggett

cover image of 'n Enkele verhaal

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Genomineer vir die kortlys van die KykNET-Rapport boekprys vir nie-fiksie
In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid-Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, in 'n Enkele verhaal, vertel hy vir die eerste keer 'n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante onderwyser en latere mediabaas wat 'n donker lewe gelei het. Deon se missie om 'n monster aan die kaak te stel, neem hom van Breytenbach se hoërskooljare by die landbouskool op Kroonstad na die beroemde Grey Kollege in Bloemfontein en die globale reus Naspers. Maar sy kruistog gaan soveel verder. Namate hy sistemiese tekortkominge by beroemde sowel as obskure skole ondersoek, onthul hy 'n kultuur van aandadigheid wat 'n ernstige gevaar vir ál Suid-Afrika se kinders inhou. In die loop van sy ondersoek na mans wat op kinders jag maak, skep Deon 'n model wat enigiemand kan gebruik om pedofiele in hul midde te identifiseer. In sy eie woorde: "Dit is aangenaam om voor te gee dat mans nie kinders verkrag nie, maar as jy eers aanvaar dat dit gebeur, word dit verrassend maklik om die roofdiere raak te sien. Wanneer jy eers 'n universele patroon met 'n spesifieke man se profiel vergelyk, kan jy die bedrog raaksien voor dit te laat is."
'n Enkele verhaal is 'n boeiende, deurdagte en verrassend ondeunde storie van een man se vasberadenheid om sy kindertrauma te verwerk, ander te help om hul eie demone in die oë te kyk, en om 'n stukkie skoonheid terug te wen uit die jeug wat hy verloor het.
'n Enkele verhaal