Pleks van plaas

ebook

By Jerzy Koch

cover image of Pleks van plaas

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Jerzy Koch, vertaler, digter, akademikus, is hoof van die AfdelingNederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Fakulteit Engels van A.Mickiewicz-Universiteit in Poznań. Hy doseer veral Nederlandse literatuur,koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die skrywer van ’n omvattendeliteratuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert1992 en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praaten gedigte daarin skryf.Hy het werke vertaal van H. Claus, J. Bernlef, H. de Coninck, S. Hertmans,G. Kouwenaar, Lucebert, H. Mulisch, Multatuli, L. Nolens, P. Rodenko,F. Timmermans e.a. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande dieM. Nijhoff-prys ontvang. Hy het ook Ingrid Jonker (1993) vertaal en syonlangse vertalings in Poolse is bloemlesings uit Antjie Krog (2017) enBreyten Breytenbach (2018) se gedigte.In sy digbundel Pleks van plaas skryf hy onder meer oor syfamiliegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel wordin beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Indrukwekkend is veral dieseegedigte. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie,maar ook die Afrikaanse taal. Selfs wanneer hy in Europa op die strandloop, verlang hy na Suid-Afrika:hierstaan ekop my strandhierstap eklangs die ander seeen prewel gedigtein ’n vreemde taal (“keerty 3”).As teenpool van die Europese fisant skryf hy oor die hadida wat”godsgruwelik skreeu” en hom aan Kaapstad en sy berg “vaspen”. Diefisant maak sy verskyning in ’n gedig opgedra aan Totius. Suid-Afrika en dieAfrikaanse letterkunde vergesel en volg hom dus soos ’n skaduwee, selfs albevind hy hom in die Noordelike Halfrond.In die afdeling “Literatuurgeskiedenis” staan talle gedigte opgedra aanAfrikaanse digters: Leipoldt, Opperman, Eybers, Blum, Kirsch, Van WykLouw, Breytenbach, Hambidge en natuurlik C.M. van den Heever, dieskrywer van plaasromans. Daar is ’n ontroerende gedig oor die dood vanJ.C. Kannemeyer wat as vriend en literatuurhistorikus ’n groot invloedop Koch uitgeoefen het. Een van die meevoerendste verse handel oorAbraham H. de Vries.Pleks van plaas is ’n versameling boeiende gedigte oor plekke (in Europaen Suid-Afrika) en verplasings. Dié verplasings behels uiteraard ooktaalverplasings (Pools, Nederlands, Afrikaans), soos beleef deur dievertaler en poliglot Jerzy Koch.

Pleks van plaas