Sushi en shosholoza

ebook Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan

By Erns Grundling

cover image of Sushi en shosholoza

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met 'n TV-span na Japan om 'n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm – dié keer oor die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die Camino se sustersroete, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA rugbyspelers in Japan – ook met Dan Carter en Jake White – kry lesers nes in Elders terugflitse na Erns se jeug. Van 'n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmus-stadion ademloos volg, tot vandag se Erns wat stomgeslaan in sy Brave Blossoms-rugbytrui sit en kyk hoe Japan nou éintlik 'n rugbywedstryd hanteer. (Wenk: Dis nie Loftus dié nie!) Kom stap nog 'n slag saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!
Sushi en shosholoza