Ondier

ebook

By Jan Vermeulen

cover image of Ondier

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
'n Kyk in die donker psige van 'n seksuele kannibaal. Die hulp van die forensiese profileerder doktor Olaf Demeyer word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit want "Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang - om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad." Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober - die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie - maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. "Jy het jou dogter se lewe gered" soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. "Kom help ons nou om jou babaseun ook te red."
Ondier