
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Emile de Jongh, kroonprins van die modelplaas La Rhône, is 'n gesogte vangs onder die vroue in En die klippe sal uitroep. Miempie Rust, die distrik se nuwe verpleegsuster, is egter nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral vir die plaaswerkers. Was Louis Mocke se erfporsie die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais in Verworpe silwer? Hoekom is sy broer, Darius, so bekommerd oor Santie se toekoms? Boonop daag Louis se vorige liefde op met 'n seuntjie aan die hand. Voor Santie al die legkaartstukkies inmekaar kan skuif, tref 'n ramp die Eloffsdallers. Karien Saayman swig voor die getroude dr. Arnold Lutz se glimlag in Die uurglas loop leeg. 'n Huwelik met Hannes Eksteen word 'n reddingsboei uit die stormwaters van begeerte, tot hy in 'n ongeluk beland. Hannes se dokter, Christian Willems, ontwikkel ook gevoelens vir Karien. Dinge word verder gekompliseer wanneer Arnold 'n wewenaar word.