Die tale wat ons praat

ebook Taaldinge uit die gewilde radioprogram

By Danny Fourie

cover image of Die tale wat ons praat

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Smutsies en hertzoggies verwys na die koekies wat gebak is om die voormalige eerste ministers J.B.M. Hertzog en Jan Smuts te vereer. Maar het jy geweet dat die Moesliemvroue van die Bo-Kaap 'n proteskoekie genaamd 'n tweegevreetjie geskep het toe Hertzog sy belofte om stemreg aan bruin mense toe te staan, verbreek het? Gholfspelers streef almal daarna om 'n voëltjie of arend te slaan, maar hoeveel mense weet dat jy ook 'n albatros, kondor en volstruis op die gholfbaan kan behaal? Wanneer praat jy van 'n skuifie en wanneer is dit skyfie? Wat is die verskil tussen transkribeer en translitereer? Is die hoofstad van België Brussel of Brussels? Verwissel jy van baan of laan op 'n snelweg? Wanneer is iets skadeloos en wanneer onskadelik? Is dit biljoen of miljard? Hoekom is Afrikaans die enigste taal waar hoofletters aanvanklik in die Bybel gebruik is by voorname wat na God verwys? En waarom het dié gebruik ná die eerste Bybelvertaling verval? Vir jare al, Sondae net ná elf, word dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Want Afrikaans is uniek en deurspek van interessanthede wat jy in geen ander taal kry nie, en haar sprekers is aktiewe taalskeppers en kreatiewe gebruikers. Hierdie boek kan gelees word as 'n gids ter aanvulling van die radioprogram – ideaal vir trotse Afrikaanssprekendes wat gesteld is op korrekte taalgebruik, maar wat nie geïntimideer wil voel deur die voorskriftelikheid van skoolhandboeke nie. Vir elkeen wat getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans!
Die tale wat ons praat