
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
In Flarde word die verhaal van die maatskaplike werker, Lisa, van Ganyesa en die inwoner, Mama Minoto, wat hoenderpote verkoop om aan die lewe te bly, vertel. Die doof-stom kind, Kabelo, wat in Mama Minoto se sorg geplaas word, spreek kliphard juis omdat hy so stil is.
As maatskaplike werker raak Lisa diep betrokke by die gemeenskap se probleme, soos gesinsgeweld, dronkenskap, verraad, vigs en armoede.
Mama Minoto deel 'n geheim met Lisa, wat parallel loop met Lisa se eie geheime. As maatskaplike werker moet Lisa besluit wat om te maak met die geheim en hoe om dit te verwerk. Lisa se persoonlike stryd as Valiumverslaafde bereik 'n klimaks wanneer sy opgeneem word vir rehabilitasie en daarna moet terugkeer na haar werk in Ganyesa.