Dubbelspiraal

ebook

By André Jansen

cover image of Dubbelspiraal

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Hy en Xolisa Ndlela sou vriende kon wees, besef geheime agent Koos Jooste hier teen die nadraai van die 1994-verkiesing. Want hulle ontdek aspekte van mekaar wat nie een sou vermoed het nie: soos Ndlela se ervaringe in Quatro, die ANC se berugte strafkamp in Angola, en hoe elkeen oor die toekoms voel. Sedert die Soweto-oproer in 1976 kruis die paaie van dié twee Suid-Afrikaners telkens tydens sleuteloomblikke in die land se geskiedenis. Jooste verdedig die bestaande bestel, Ndlela beywer hom vir die nuwe, en Dubbelspiraal plaas die fokus op hoe die magsewewig tussen hulle gedurig verander. Die leser word gevoer van Grahamstad na Soweto, Amsterdam na Parys, Mtubatuba na Bettysbaai. Jooste, agent in die vreemde, moet persoonlike tragedie verwerk, in 'n wankelende wêreld vastigheid soek, en sukkel met die begrippe patriotisme en lojaliteit. En wat kan één mens doen om die euwels van die nuwe heersers se korrupsie te bestry? ". . . 'n merkwaardige leeservaring." – Kerneels Breytenbach
Dubbelspiraal