cover image of Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand

Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand

by Izak du Plessis

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom 'n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy 'n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie. Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in 'n helikopter geklim het. Vandag wonder almal steeds wat van hom geword het. Lê hy dood iewers in 'n mynskag, of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Die antwoord op hierdie vrae is nie voor die hand liggend nie. Radiojoernalis Izak du Plessis het onderhoude met die mense naaste aan Ralph Haynes gevoer in sy ondersoek na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese en kleurryke figuur van die Suid-Afrikaanse onderwêreld. Boeiende leesstof wat jou opnuut sal laat besef dat die waarheid beslis vreemder as fiksie is.

Publication Details

Publisher:
Penguin Random House South Africa
Imprint:
Penguin
Publication Date:
2018

Format

  • Kindle Book
  • OverDrive Read 11.8 MB
  • Adobe EPUB eBook 11.8 MB

Izak du Plessis (Author)

Izak du Plessis is bekend as joernalis en aanbieder by RSG se nuusaktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum, Kommentaar en Naweekaktueel. Hy is ook die skrywer van Boereverneukers. As ondersoekende joernalis het hy al verskeie toekennings vir sy ra...

More about Izak du Plessis
Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand
Copy and paste the code into your website.
New here? Learn how to read digital books for free