Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |

Loading... |

Wanneer Tertius de Klerk se nag van skande op die lappe kom, moet hy
vlug: Weg van die drukkende universiteitsdorp waar hy geskiedenis aan
verveelde studente doseer; weg van sy loopbaan wat bly taan; weg van sy
vrou Alta wat hom gaan verbrysel as sy hom in die hande kry.
Hy kies die hasepad Patagonië toe – nes sy oupagrootjie Basjan jare
tevore. Hierdie dorre streek aan die suidelikste punt van Suid-Amerika het
vir Basjan en honderde boere soos hy ná die Boereoorlog uitkoms gebied.
Dit is hier waar Basjan ná sy omswerwinge in dié vreemde land 'n plaas
kon vestig.
Maar die geskiedenis herhaal homself: Tertius raak nie só maklik van
sy vurige vrou ontslae nie. Alta sit haar lamsakkige man agterna, nes
Salome – Tertius se oumagrootjie – met Basjan gemaak het. Per skip en op
die rug van 'n muil deur die woestyn kon Salome al hoe nader kom aan die
man waarmee sy uiteindelik sou trou.
Met 'n skeut avontuur en empatie en so wyd soos die landskap van
Patagonië ontvou Maya Fowler se roman in vier stemme in 'n hinterland
waar Afrikaans tot vandag toe steeds gepraat word.