cover image of Dawie de Villiers

Dawie de Villiers

My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

by Dawie de Villiers

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het. Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op 'n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in 'n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring. Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as 'n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik 'n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO). My lewensreis is 'n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede 'n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Publication Details

Publisher:
Penguin Random House South Africa
Imprint:
Zebra Press
Publication Date:
2018

Format

  • Kindle Book
  • OverDrive Read 8.6 MB
  • Adobe EPUB eBook 8.6 MB

Dawie de Villiers (Author)

Dawie de Villiers het tussen 1962 en 1970 in 25 toetse vir Suid-Afrika gespeel, waarvan 22 as kaptein. Hy was van 1971 tot 1997 as parlementslid en kabinetsminister in die Suid-Afrikaanse politiek betrokke en was van 1997 tot 2005 adjunk-sekretari...

More about Dawie de Villiers
Dawie de Villiers
Copy and paste the code into your website.
New here? Learn how to read digital books for free