Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
<p>Ek's g'n Slams is die verhaal van 'n gewone Suid-Afrikaanse vrou: haar kinderjare, haar huwelik, die aanvaarding van 'n geloofsgemeenskap en kultuur waarin sy grootgeword het en haar uitdaging om depressie te oorwin. In Fatima se hande is niks egter gewoon nie. Van haar uitsonderlike gebruik van Afrikaans soos gepraat in Distrik Ses tot die evangeliese in die wegneembesigheid se kombuis, word hierdie die unieke verhaal van 'n baie besonderse vrou. Fatima word in 'n streng Moslemhuis groot. Sy skop van kleintyd af op haar eie manier teen die streng geloofsreëls. Dié tema word verder uitgebou deur die verhale van ander vroue in haar familie, soos dié van haar suster, Aisha, wat as jong tiener deur hul pa aan 'n neef in Mekka as bruid gegee word. Tussen al dié vroue se verhale en verswyging word Fatima s'n 'n reis waarin sy leer om vrede met haar kultuur, lewe en haarself te maak. Sy kies tot aan die einde 'n paadjie net duskant die kulturele verwagting, en dít is wat hierdie so 'n boeiende verhaal maak.</p>