Spertyd

ebook

By Elsa Joubert

cover image of Spertyd

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
"Daar is 'n dun skilletjie om ons brein wat ons in die hede anker. Maar soos 'n mens oud word, kom daar skeurtjies in die skil, soos 'n ou laken skif. Dan stroom die verlede daardeur, ontydig of nie. Dis hoekom oumense deurmekaar raak, of hulle konsentrasie swak word, of hulle dinge soos sleutels verloor." Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur 'n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken in besondere detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Selde, indien ooit, is daar al só eerlik, met so 'n totale afwesigheid van sentimentaliteit geskryf oor die oudwordproses. Dit is egter allermins 'n swaartillende leeservaring, want deernis en humor bly nooit agterweë nie. Spertyd is 'n boek wat geen leser onaangeraak sal laat nie – dit bied nie alleen helder insig in die skrywer se lewensbeskouing nie, maar nooi ten slotte elke leser uit om diep na te dink oor sy of haar eie bestaan.
Spertyd