Dwaalpoort

ebook

By Alexander Strachan

cover image of Dwaalpoort

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Dwaalpoort is 'n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, 'n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar. Dit is 'n ongemaklike saambestaan in 'n krisistyd in die plaas se geskiedenis. Strachan laat elkeen van die betrokkenes by dié sleutelgebeure op Dwaalpoort daarvan vertel, en hul stemme is op sigself dwalende spore wat uiteindelik en noodwendig rigting kry na die laaste donker poort. En dit is asof die stemme harmonieer in 'n soort dodemars – die musiek van 'n era wat verbygaan. Terwyl dit alles voltrek word, staan die silhoeët van Mhlophe afgeëts waar hy op die platorand oor Dwaalpoort neerkyk, soos wat hy eeue reeds doen. Met Dwaalpoort kry Strachan die magiese mengsel reg: op die oppervlak is sy verhaal 'n volkome genietbare en onmiddellik toeganklike verhaal van lus en liefde en geweld en geheimenisse. Dáárby is dit 'n uiters stimulerende besinning oor menslike reaksies op 'n verkrummelende bestel.
Dwaalpoort