Wegloopwinter

ebook

By Rona Rupert

cover image of Wegloopwinter

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
In 'n rykmansbuurt in Kaapstad word Manuel hartstogtelik lief vir 'n hond wat nie aan hom behoort nie; hier bots hy ook vir die eerste keer met die gereg, maar maak kennis met die stil sersant wat 'n ommekeer in sy lewe sou bring. In Manuel se eie buurt, waar daar nie tuine is nie en waar die stoepe vol wasgoed hang, waar sy ma se goeie bedoelings verswelg word deur die swarighede van 'n sukkelbestaan, het hy darem vir Carlos, sy wonderlike broer, wat hom eendag gaan saamneem om vér van Blakestraat 3a af te gaan woon. Maar Carlos steur hom nie eintlik aan Manuel nie. By die skool is Manuel die droster, 'n dommerd, en bowenal: Fat Clown. Want Manuel is vet, en hy haat homself daaroor. Maar dit help nie – vir al die leegheid en eensaamheid in sy bestaan ken hy net een raat: eet. En toe gebeur die Sirkus met Manuel. 'n Heel besonderse sirkus wat alles verander, tot in Blakestraat 3a . . . In Rona Rupert se boeiende verhaal met sy buitengewone agtergrond is daar veel te ontdek: dat herkenning van eensaamheid in 'n ander wedersydse genesing kan bring; dat selfrespek die grondslag is van gee én ontvang, dat dit vir elke mens nodig is om nodig gehê te word.
Wegloopwinter