Die plesierboom

ebook

By Audrey Blignault

cover image of Die plesierboom

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Elke dag se ervarings in die lewe van 'n gewone huisvrou, dit is die boustof van hierdie essays. Maar soos die storiekoning van ouds die dinge wat hy aanraak in goud kon verander, so het Audrey Blignault die slag om uit die eenvoudige belewenisse van 'n huisvrou glansende avonture en kosbare kleinode van die gees op te tower. Hierdie slag het sy te danke nie alleen aan haar fyn oor en oog ('n oog met 'n stout vonkeling daarin!), haar deernis vir die ewenaaste, haar vermoë om dieper as die oppervlak en die onmiddellike te kyk, haar sin vir die komiese, haar breë leeservaring en haar vaardigheid met 'n woord nie, maar veral ook aan haar opregte lewensvreugde en die vaste geloof dat die lewe 'n rosekrans van blye dae is. Soos dit 'n mens plesier gee om te sien hoe 'n goeie vakman sy gereedskap netjies en sekuur maar met gemak hanteer, so gee dit 'n mens plesier om te sien met watter vaardigheid hierdie skryfster met woorde kan werk en die juiste woord op die regte plek kan gebruik. Daarby weet sy ook hoe om haar grondige kennis van die beroemde woorde van ander – uit die wêreld-letterkunde en die poësie van die Bybel – te laat aansluit en sonder pretensie daaruit aan te haal en toe te pas. Dit herinner my aan Salomo se "goue appels en silwerborde, so is 'n word op sy tyd gespreek". Alba Bouwer
Die plesierboom