
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Agab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydsgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baäl in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Hierdie boek vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering... Die geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en gedink het. Hy laat dié aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat só deurskemer is verstommend relevant vir vandag.