Rooi haring

ebook

By Schalk Schoombie

cover image of Rooi haring

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
"Ek bevestig en beaam: Dis ek. Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen. Ek was verantwoordelik vir die dood van Hartman Swiegers." Die vooraanstaande celebrity-sjef Hartman Swiegers word vermoor tydens die openingsaand van Tydloos, sy nuwe fynproewerrestaurant in Pretoria. Sy bevrore liggaam word in 'n vrieskas gevind, met twee opgerolde harings as die enigste leidrade. Ná die polisie vuilspel vermoed stel Greta Burger – 'n selfaangestelde speurder wat haar laat lei deur haar intuïsie, oftewel "gevoelentes" – ook ondersoek in. Is die moordenaar Darius Swiegers, die kos-ghoeroe se broer, of is dit een van die uitgelese gaste? Is die moordenaar een van Tydloos se kombuispersoneel, of eerder iemand wat jare lank in die skadu van al Hartman se suksesse staan? 'n Dolle soektog met verskeie kinkels en ompaaie lei uiteindelik tot 'n ontknoping met 'n angel. 'n Boeiende, humoristiese speurverhaal deur 'n meester-storieverteller. Schalk Schoombie is joernalis, akteur en bekroonde dramaturg. Sy debuutroman, Boomkastele, was in 2016 genomineer vir die ATKV-Prosaprys en die Jan Rabie-Rapportprys.
Rooi haring