In Om minder lief te hê is Arabel ná net 'n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en 'n pos as vlieënier by 'n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op 'n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle. In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy. En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.
Publication Details
- Publisher:
- Tafelberg
- Imprint:
- Satyn
- Publication Date:
- 2017
Ettie Bierman (Author)
Ettie Bierman is 'n alombekende, gewilde skrywer van romantiese verhale. Sy is getroud met Roelf van Rensburg, self ook skrywer en oud-uitgewer. Hulle woon sedert 2003 aan die suidkus van KwaZulu-Natal.
More about Ettie Bierman
Anita du Preez (Author)
Anita is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA Honneurs- en Magistergrade verwerf, albei cum laude. Sy woon in Kaapstad en is 'n beeldhouer en lektrise in die visuele kunste.
More about Anita du Preez
Lizet Engelbrecht (Author)
Lizet Engelbrecht is 'n gekwalifiseerde personeelbestuurder. Na 'n tydperk in Lusaka, Zambië, het sy en haar man op Darling kom bly.
More about Lizet Engelbrecht