Op 'n dag, 'n hond

ebook

By John Miles

cover image of Op 'n dag, 'n hond

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die bewussyn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een. Hulle is een, maar soms moet die een die knie voor die ander een buig . . . Die geheim lê by aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself is. Oplaas 'n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. In 'n klein tuinwoonstelletjie sit en luister 'n oudonderwyser een stormagtige aand na 'n vrou wat met heimwee sing van 'n rivier in 'n ander land, van die verlies van 'n vaderland, en van 'n koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag . . . Dat die verlede 'n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing terug na waar alles begin het. Op 'n dag, 'n hond is 'n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en weerspieël eindelik 'n merkwaardige insig in die mens se lot. Dit is 'n aangrypende roman en word, soos altyd, gekenmerk deur Miles se aweregse humor.
Op 'n dag, 'n hond