cover image of Hermann Giliomee

Hermann Giliomee

Historikus: 'n Outobiografie

by Hermann Giliomee

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Hermann Giliomee verweef die verhaal van sy lewensverloop met dié van 'n land wat hom boei en besiel, 'n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagse politiek. As internasionaal gerekende historikus ondersoek Giliomee lewenslank die ontstaan en handhawing van die skerp verdeeldheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sy werk is vars en vreesloos, en vind aanklank by kenners én gewone Afrikaanse lesers wat oor hulself en hul verlede begin herbesin. Sy uitgesprokenheid haal hom dikwels die gramskap op die hals - uit wyd uiteenlopende oorde. Hy is al gebrandmerk as 'n slang in ons midde", 'n oorbeligte", 'n taalbul" en die boer in the woodpile". Hoewel Giliomee as kind van die Afrikaner-volksbeweging in die 1950's grootword, wyk hy af van die nasionalistiese tradisie in sy kritiese ondersoek na die opkoms, hoogty en ondergang van eksklusiewe Afrikanermag. Hy lewer veral in die 1980's en 1990's skerp kritiek op die regering se alleenheerskappy en sy onwilligheid om vanuit 'n posisie van mag te begin onderhandel. Met binnekring-kennis is sy verstaan van Afrikanermag ingelig en genuanseerd, iets wat saam met sy onderhoudende vertelwyse lei tot talle topverkopers, waaronder die magistrale The Afrikaners, wat in 2003 deur The Economist uitgesonder is as een van sy boeke van die jaar.

Publication Details

Publisher:
Tafelberg
Publication Date:
2016

Format

  • OverDrive Read 1.9 MB
  • Adobe EPUB eBook 1.9 MB

Hermann Giliomee (Author)

Hermann Giliomee word internasionaal erken as voorste historikus van die Afrikaners. Hy het in 2016 die prestige-ryke Jan H Marais-prys verower, en The Economist het The Afrikaners uitgesonder as die beste geskiedenis van Suid-Afrika wat nog geskr...

More about Hermann Giliomee
Hermann Giliomee
Copy and paste the code into your website.
New here? Learn how to read digital books for free