
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit.
In Trompie die mooi seun is dit die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan 'n laerskoolseun se mooi lokke – met rampspoedige gevolge.
In Trompie die leier besluit Kwaggaberg se skoolhoof twee graad tien-leerders moet as junior leerderraadslede gekies word en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Maar die Grootkaptein se drie manskappe maak die lewe vir hom moeilik.
In Trompie die rugbyreus begin die rugbyseisoen en Trompie en sy maats se lewens draai net om een ding – hul gunstelingsport. Min weet hulle watter groot verrassing daar nog op hulle wag.
Die ondeunde Trompie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!