cover image of Tienerharte 3

Tienerharte 3

Hartedief · Tienerharte

by Cecilia Steyn

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Lisa is klaar met Thomas se leuens. Vir drie jaar was hulle smoorverlief – maar dit was voordat hy hom aan dwelms oorgegee het en nou is háár lewe 'n totale gemors. By die Elizabeth Galloway Akademie vir modeontwerp in Stellenbosch probeer Lisa 'n nuwe lewe begin, maar hoe kan sy vlug van die donker geheim wat sy met haar saamgesleep het? Wanneer sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare groen oë, raakloop, word dinge nog meer gekompliseerd. Sy kan beslis nie nou by iemand betrokke raak nie. Dit mag dalk net sy lewe kos . . . Estian is oortuig Lisa is die een vir hom. Sy weet dit net nog nie. Die eerste keer wat hy haar gesien het, het sy die suurstof uit sy longe gesteel. Maar toe hy oor haar uitvra, het almal net die onderwerp verander. Noudat hulle paaie weer gekruis het op Stellenbosch, gaan hy haar beslis nie weer deur sy vingers laat glip nie. Hy sal Lisa Malan se geheime een vir een ontrafel. Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Publication Details

Publisher:
Human & Rousseau
Publication Date:
2016
Series:
Tienerharte

Format

  • Kindle Book
  • OverDrive Read 663.7 KB
  • Adobe EPUB eBook 663.7 KB

Cecilia Steyn (Author)

Cecilia Steyn is die trotse ma van twee pragtige seuns en woon in Klerksdorp, Noord-Wes. Deesdae as sy nie lees nie, skryf sy. Sy is op 9 September 1974 in Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Na skool skop sy haar loopbaan...

More about Cecilia Steyn
Tienerharte 3
Copy and paste the code into your website.