
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
"Kyk!" sê Luc. "Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem 'Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace', en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre."
Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied.
Emma is nie veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d'Orsay, by die Eiffeltoring val 'n bedelaar haar lastig . . . en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool, wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie?
Fantasie, liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor 'n tydperk van elf dae te ervaar.