
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
"Die poort is oop."
Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit.
Ek sweer iemand het haar iewers in 'n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas.
Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme.
"Jy het haar ook gesien," sê sy. "Hulle het haar kom haal."
Sy trek haar ogies nog kleiner. "Die stomme baba. Hy gaan nou sonder 'n ma grootword."
Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. 'n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie.
"Ek weet nie wat Tannie . . ."
"Jy wéét," val sy my in die rede. "Jy sién. Nes ek."