cover image of Emily Hobhouse

Emily Hobhouse

Geliefde verraaier

by Elsabé Brits

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Hierdie boek vertel die volle, grootliks onbekende verhaal van Emily Hobhouse, nie net 'n Anglo-Boereoorlogheld nie, maar ook 'n aktivis en stryder teen onreg en onderdrukking op verskeie kontinente. Elsabé Brits het Emily se handgeskrewe notas, dagboeke en plakboeke in 'n trommel in Kanada ontdek, en haal hieruit en uit ander nuwe bronne aan. Só gee sy 'n genuanseerde, vars blik op 'n buitengewone vrou wat voortdurend in die spervuur was. Van kleintyd het Emily haar verset teen haar lot. Vir vroue was daar min geleenthede en sy moes boonop haar siek pa oppas. Tog raak sy wêreldwyd betrokke by die stryd teen onreg en oorlog. In twee oorloë het sy duisende lewens gered, en nogtans is sy - 'n ware patriot - in haar eie land onbekend en alleen dood. As kampvegter vir vrouestemreg en in haar uitgesproke teenkanting teen onreg is Emily Hobhouse 'n ikoon wat vandag nog inspireer. Ontdek die onbekende sy van 'n verbasend moderne vrou.

Publication Details

Publisher:
Tafelberg
Publication Date:
2016

Format

  • Kindle Book
  • OverDrive Read 2.9 MB
  • Adobe EPUB eBook 2.9 MB

Elsabé Brits (Author)

Elsabé Brits is 'n veelbekroonde wetenskapjoernalis wat in 1999 by Die Burger in Kaapstad begin werk het, ná ses jaar as joernalis by 'n gemeenskapskoerant in Polokwane. Sy skryf nou vir Netwerk24.com en steeds vir Media24 se Afrikaanse dagblaaie....

More about Elsabé Brits
Emily Hobhouse
Copy and paste the code into your website.
New here? Learn how to read digital books for free