
Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
"Jy sit op 'n brander en dink jy gaan in een rigting, dan stoot die onderste oseaan en slaan die branders 'n ander rigting in. Jy verloor jou bewussyn. Die volgende oggend, jare later, word jy wakker op 'n vreemde strand. Jy staan verdwaas op en wil dieselfde rigting in stap wat jy van vroeër onthou, maar die pad is weg, die deur is toe, die een wat jy onthou is nie daar nie, jy kan nie terug nie. Jy staan verdwaas op. Jy het verdwaal, hy het verdwyn. Ek kan nie onthou hoe ek hier beland het nie. Of hoekom." Hoe kyk 'n mens terug na jou lewe en wens jy het 'n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As? In dié diep ontroerende novelle toor die skrywer soos 'n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is 'n liefdesroman, 'n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel 'n mens rond soos die see. Nou is dit te laat. Vir altyd te laat. 'n Uitsonderlike debuutroman deur Valda Jansen.