By fakkellig

ebook

By Karel Schoeman

cover image of By fakkellig

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
Dit is Ierland aan die einde van die agtiende eeu: 'n Ierland onder die hiel van die Engelse heerser, sy volk onderdruk, magteloos, sonder regte. Die opstandsgevoel neem toe, ook onder invloed van die Franse Rewolusie en Napoleon se opkoms. Teen hierdie agtergrond maak David, jonger broer van sir Arthur, heer van Donore, onverwags kennis met die Ierse volk. Hy raak bevriend met die skoolmeester Liam O Néill, die verarmde Séamas Bán, die priester O Floinn, met die meisies Nóra en Eilís . . . en hy bevind hom in 'n posisie waar 'n keuse aan hom opgedwing word, teen sy sin. "Een ding het hy egter besef, dat niks hierna meer dieselfde kan wees nie . . . Soos op 'n golf is hy voortgespoel deur die gang van sake, en die gety sou nie bly staan in sy stroming of hom terugkeer nie." David weier om hom by enige groep te skaar – hy wil alleen homself bly en met sy vriende verkeer – maar dit is nie moontlik nie en onverbiddelik beweeg omstandighede hom om tog daadwerklik die Iere te probeer help. Die uiteinde is vir David tragies en ironies: "Geen mens wat begryp nie, en ná sy dood ook geen mens wat sal weet hoe dit was nie; indien daar 'n beeld van hom bly voortbestaan, sal dit iets wees wat geen verband hou met die werklikheid nie." By fakkellig is 'n ontroerende roman waarin die Ierse landskap, die rustige leefwyse van die adel, die verbitterde bestaan van die boerevolk en die vertwyfeling van Arthur uitgebeeld word op 'n wyse wat herinner aan Yeats se woorde van byna twee eeue later: "A terrible beauty is born".
By fakkellig