Studiewerkgids
ebook ∣ Verskuns vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal · Best Books Studiewerkgidse
By Riens Vosloo

Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |
---|---|
Loading... |
Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Eerste Addisionele Taal
Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe poësiebloemlesing? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die poësiebloemlesing word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan.
Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die poësiebloemlesing verwys.
Wat maak ons studiewerkgidse anders?
Hierdie studiewerkgids is deel van 'n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net 'n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook 'n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
Inhoud van hierdie studiewerkgids
Inleiding tot poësie. Bespreking van elke poëtiese begrip wat in die gedigte voorkom. Gedigontledings volgens poëtiese begrippe en uiteensetting van die gedig. Kontekstuele vrae oor elke gedig. Taalverrykingsaktiwiteite by sommige gedigte. Engelse vertalings van elke gedig in die poësiebloemlesing. Ses konsepvraestelle om leerders se kennis te toets en vir eksamens voor te berei.
Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die goedgekeurde voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal. 'n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za.