Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Library Name | Distance |

Loading... |

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van 'n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.
Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in 'n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in 'n bynes vas. Die brutale aanval op 'n Duitse toeris ontketen 'n rits gebeure wat 'n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk.
En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry 'n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, 'n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur 'n doolhof van politiek, mites en moord moet stap.
Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by 'n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met 'n vreemde straatkindjie aan die hand.
Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.